• Plaas die gelatien in ’n klein bakkie en voeg die warm water by. Roer tot die gelatienpoeier heeltemal opgelos het.
  • Pols die frambose in ’n menger of voedselverwerker, voeg die jogurt en heuning by en meng tot glad. 
  • Voeg die gelatien by die menger en meng goed. Giet die mousse-mengsel in klein glasramekins en sit die deksels op. Plaas vir minstens 3-4 uur of oornag in die yskas tot gestol. Sit voor saam met die room en vars frambose. 

Wenk: Vervang die frambose met enige vars rooi bessies in seisoen of be­vrore bessies wat in winkels beskikbaar is.

Stilering: Carmen Niehaus.