• Meng die jogurt en heuning in ’n bak.
  • Maak die frambose saam met die suiker in ’n ander bak fyn tot die suiker opgelos het en dit ’n bessiesous vorm. Soms hou ek van myne fyn en ander kere ’n bietjie growwer.
  • Giet lepels van die framboossous in ys­stokkievorms en hou ’n derde vir voorsit oor. Wissel dit met die versoete jogurt af tot elke vorm vol is.
  • Tik die vorms gereeld terwyl jy die bestand­dele in lae invoeg sodat die jogurt by die ruimtes tussen die bessies inloop.
  • Meng die twee met ligte draaibewegings met ’n steekpen vir ’n marmereffek. Steek ’n roomysstokkie in elke vorm en vries minstens 4 uur of oornag.
  • Maak die ysstokkies los deur die vorms in warm water te doop of vir ’n paar sekondes in ’n warm afdroogdoek toe te vou. Trek dan sagkens aan die stokkie om die ysstokkie uit die vorm te trek. Sit dadelik voor.

Vir voorsit

  • Bedruip met ’n bietjie van die oorskietsous, en rond af met die blomme en vars frambose, indien verkies.
Wenk
As jy nie roomys­stokkies kan kry nie, kyk vir dokterstokkies van hout by ’n apteek of kunsvlytwinkel. Dit werk net so goed.