• Plaas die frambose en suiker in 'n kastrol en verhit oor lae hitte tot die suiker gesmelt het, maar sonder dat dit borrel.
  • Voeg die gelatien by en roer tot opgelos terwyl jy sorg dat dit nie kookpunt bereik nie. Laat tot kamertemperatuur afkoel.
  • Verwerk die afgekoelde frambose in 'n voedselverwerker tot 'n puree. Giet deur 'n sif om al die pitte te verwyder.
  • Klits die room tot sagte punte vorm en vou ²⁄3 daarvan stadig by die framboosmengsel in. Spuit of skep in glase en plaas vir 2-3 uur in die yskas om te set.
  • Bolaag: Garneer met die res van die geklitste room en vars bessies, indien gebruik, en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.