Bestanddele
- 100 g botter, saggemaak
- 250 ml (1 k) suiker
- 3 eiers, geklits
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 250 ml (1 k) bruismeel
- ’n knippie sout
- 250 ml (1 k) melk
- 500 ml (2 k) grenadellajogurt
- VIR VOORSIT
- 250 ml (1 k) gewone jogurt
- ’n paar vars kruisementblare, gekap
- grenadellapulp
- 150 g vars appelliefies
- versiersuiker
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n ronde 20 cm-oondbak met kossproei.
Verroom die botter en suiker saam, voeg die eiers en vanieljegeursel by en meng goed.
Sif die meel en sout in en meng goed.
Meng die melk en jogurt, giet by die eiermengsel in en klits tot die beslag nie meer klonterig is nie. Giet dit in die voorbereide bak en bak 50-55 min.
Vir voorsit
Meng die jogurt en kruisement. Giet die pulp oor die warm poeding en strooi die appelliefies oor. Sif versiersuiker oor en sit voor saam met die kruisementjogurt.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET