Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n middelslagoondbak goed met kossproei.

  • Poeding: Klop die botter en suiker saam tot romerig. Klits die eiers een-een by.
  • Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ’n aparte bak en voeg dit om die beurt met die karringmelk by die eiermengsel.
  • Skep die beslag in die bereide oondbak en bak 25-30 min. of tot ligbruin en gaar.
  • Karamelpiesangs: Halveer een van die piesangs in die lengte en sprinkel die helfte van die suiker oor die gesnyde kante. Bespuit ’n pan met kossproei en plaas die piesanghelftes met die suikerkant na onder in die pan. Braai tot gekaramelliseer, haal uit en hou eenkant.
  • Sny die res van die piesangs in skyfies. Verhit die botter in dieselfde pan en voeg die res van die suiker en die gouestroop by. Verhit tot die suiker begin smelt en voeg die piesangskyfies by. Braai tot sag en goudbruin.
  • Vir voorsit: Skep die karamelpiesangs op die poeding en sit voor saam met roomys of ­geklopte room.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!