20 min.
6
20-25 min.
Bestanddele
- 250 ml (1 k) bruismeel
- 80 ml (¹/3 k) suiker
- 60 ml (¼ k) kakao
- 2,5 ml (½ t) sout
- 60 ml (¼ k) olie
- 125 ml (½ k) melk
- 5 ml (1 t) vanielje
- 2 eiers
- 1 x 49 g-stafie Peppermint Crisp-sjokolade, fyngerasper
- Sous
- 80 ml (¹/3 k) suiker
- 60 ml (¼ k) kakao
- 250 ml (1 k) kookwater
- Afronding
- 60 ml (¼ k) karamelkondensmelk, geklop
- 125 ml (½ k) room, styfgeklop
- 1 x 49 g-stafie Peppermint Crisp-sjokolade, in growwe stukke gebreek
- ’n paar takkies vars ment
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n middelslag-oondbak met kossproei.
- Meng die bruismeel, suiker, kakao en sout in ’n mengbak en maak ’n holte in die middel.
- Klits die olie, melk, vanielje en eiers saam in ’n ander bak en giet in die holte van die meelmengsel. Klits tot ’n gladde beslag vorm.
- Meng die sjokolade by die beslag in en skep in die bereide oondbak.
- Sous: Meng die bestanddele goed en giet oor die beslag in die bak.
- Plaas die bak in die oond en bak 20-25 min. of tot die poeding gaar is – die beslag moet uitgerys maar steeds souserig op die bodem wees.
- Afronding: Smeer die karamel oor die poeding en skep die room bo-op. Sprinkel die sjokolade oor en rond af met die ment. Sit warm voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET