Bestanddele
- GRONDBOONTJIE- BOTTERSOUS
- 250 ml (1 k) melk
- 60 ml (¼ k) grondboontjie- botter
- BESLAG
- 250 ml (1 k) suiker
- 125 ml (½ k) groenteolie
- 2 eiers
- 4 ryp piesangs
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 60 ml (¼ k) grondboontjiebotter
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 1 piesang vir bolaag
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n 15 x 25 cm-broodpan met kossproei.
Sous
Verhit die melk en grondboontjiebotter in ’n klein kastrol oor lae hitte terwyl jy af en toe roer tot die grondboontjiebotter gesmelt het. Sit eenkant.
Beslag
Klits die suiker en olie sowat 2 min. saam. Voeg die eiers een vir een by en klits ná elke byvoeging.
Voeg die 4 ryp piesangs, vanieljegeursel en grondboontjiebotter by en klits tot al die piesangs fyn is.
Sif die droë bestanddele by en klits tot alles deurgemeng is. Giet die beslag in die voorbereide bak. Skil die ekstra piesang af, sny dit in die lengte en plaas bo-op die beslag. Bak 1 uur 15 min.
Gebruik ’n bottermes of eetstokkie en druk gate in die poeding wanneer dit uit die oond kom. Verhit die sous en giet dit oor die poeding. Sit voor saam met vla.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET