Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n ronde 25-30 cm-oondbak met kossproei.

  • Dreineer die vrugte. Plaas dit saam met die res van die bestanddele in ’n kastrol en laat kook 15-20 min. oor matige hitte tot stroperig. Laat heeltemal afkoel.
  • Bolaag: Gebruik ’n elektriese klitser en klits al die bestanddele saam om ’n beslag te vorm.
  • Plaas die gestoofde vrugte in die bereide bak en skep die beslag bo-op. Bak 35-40 min. tot die kors gaar en verbruin is. Sit voor saam met vla of room. 

WENK

As die droëvrugte steeds baie waterig is nadat dit  gekook is, meng 5 ml (1 t) mielieblom met 5 ml (1 t) water en roer dit by die vrugte in.