Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n klein broodpannetjie (26 x 9 cm).

  • Meng die meel, koeksoda en speserye.
  • Meng die patats en appel. 
  • Klits die olie, heuning en eiers saam.
  • Vou die patatmengsel en eiermengsel om die beurt by die droë bestanddele in.
  • Skep in die bereide pan en bak so 50 min. of tot ’n toets­pen skoon uitkom. Keer uit, koel af en stapel die gemmer­stukke en piekelgemmer bo-op indien gebruik.
  • Sit voor saam met botter.