Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n klein broodpan van 22 x 11 cm en voer dit met bakpapier uit vir die koek. Voer dieselfde grootte pan met kleefplastiek uit vir die roomys.

  • Gemmerbrood: Sif die meel, gemmer, speserye, koek­soda en sout saam.
  • Meng die botter, stroop, suiker en kookwater en roer tot die suiker opgelos het.
  • Giet die nat bestanddele by die droë bestanddele in en meng goed. Roer die geklitste eier in. Giet die beslag in die bereide pan en bak 45-60 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat 5 min. in die pan afkoel en laat dan heeltemal op ’n afkoelrak afkoel.
  • Roomys: Meng die korente met die rum of ander likeur en laat week terwyl jy die ander bestanddele berei.
  • Skep die roomys in ’n groot bak. Gebruik ’n groot metaallepel en meng al die oorblywende bestanddele, die korente ook, by die roomys in. Skep in die bereide pan, bedek met kleefplastiek en vries minstens 4 uur.
  • Sny die koek in stukke van 1 cm dik en sit eenkant. Sny die bevrore roomys in stukke van 2 cm en plaas dit tussen 2 snye koek om ’n toebroodjie te vorm. Pak al die toebroodjies op ’n skinkbord en vries tot jy dit voorsit. Garneer met vars bessies.