Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n paar bakplate.

  • Klop die botter en suiker saam tot goed gemeng.
  • Voeg die eier by en meng deeglik.
  • Voeg die gouestroop, asyn en speserye by.
  • Sif die meel, koeksoda en sout saam.
  • Voeg by die bottermengsel.
  • Meng goed met jou hande en knie tot ’n gladde, stywe deeg.
  • Bedek met kleefplastiek en hou in die yskas tot goed koud.
  • Vorm balletjies so groot soos okkerneute, plaas op die bakplate en druk effens plat met jou duim of ’n vurk.
  • Hulle moet ver genoeg uitmekaar wees sodat die randjies droog en bros kan bak.
  • Bak 12 min.
  • Hou dop dat koekies nie brand nie.