Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer ’n 20 cm-­oondbak met botter.

  • Klits die suiker en botter tot romerig. Voeg die eier en vanielje by en klits.
  • Vou die dadels in.
  • Sif die bruismeel, sout, poeiergemmer, speserye en kaneel oor die bottermengsel en klits.
  • Giet die beslag in die bereide oondbak en maak liggies gelyk bo-op.
  • Sous: Verhit al die bestanddele saam in ’n pot en roer tot gesmelt. Giet die sous oor die poedingbeslag en bak 45-50 min. of tot die poeding gaar is. As die poeding te vinnig bruin bak, bedek met tinfoelie en bak nog.
  • Vir voorsit: Sit die warm poeding voor saam met vanieljeroomys of -vla, indien verkies.