Bespuit ’n 2 L-pan goed met kossproei.

  • Strooi die klapper oor die bodem en kante van die pan.
  • Plaas die gelatien en koue water saam in ’n mikrogolfvaste bakkie en laat staan 10 min. om te spons.
  • Verhit die gelatien 15 sek. in die mikrogolf of tot net gesmelt.
  • Plaas die strooisuiker, kookwater, vanielje, rooswater en gelatien in ’n groot bak en klits 7-10 min. met ’n elektriese klitser of tot die mengsel verdik en wit raak.
  • Drup die kleursel oor die malvalekkermengsel en meng rofweg deur. Skep die mengsel in die bereide pan en laat 4 uur of oornag in die yskas stol.
  • Afronding: Keer die malvalekkers uit en sny in blokke. Rol in nog klapper.
Wenk
  • Jy kan sjokolade-bedekte malvalekkers maak deur stap 1 uit te laat. Berei dan die lekkers volgens stappe 2-5 van die resep en sny die gestolde mengsel in blokke. Kap 200 g melk- of donkersjokolade fyn, mikrogolf dit 30 sek. en roer.
  • Herhaal die proses tot die sjo­kolade heeltemal gesmelt is. Doop die lekkers in die sjokolade, pak dit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en laat dit in die yskas stol tot jy dit voorsit. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!