20 min.
26
1 uur of oornag
Bestanddele
- 200 g donkersjokolade, grofgekap
- 100 ml room
- 250-280 g gekoopte madeirakoek, fyngekrummel
- 100 g neute, fyngekap
- Afronding
- 125 ml (½ k) kakao, klapper of sjokoladepoeier
Metode

- Plaas die sjokolade en room in ’n mikrogolfvaste glasbak. Verhit 30 sek. in die mikrogolf. Roer en mikrogolf nog 30 sek. Verhit weer 30 sek. en roer tot die sjokolade gesmelt is.
- Meng die sjokolademengsel, koek en neute goed en rol die mengsel in okkerneutgrootte-balletjies.
- Afronding: Rol die truffels in die kakao, klapper of sjokoladepoeier. Verkoel minstens 1 uur of tot benodig.
Wenke
- Maak ’n vegetariese weergawe van die
forelrosies deur die vis met repies komkommer, murgpampoentjie of wortel te vervang. - Die roereier se kruiesous smaak net so lekker saam met gebakte of geposjeerde eiers.
- Maak die roereier so lekker vleiserig: Braai gekapte spek vooraf en voeg dit by die eiermengsel net voor jy die roereier gaarmaak.
- Maak die truffels ekstra dekadent deur ’n glanskersie binne-in elkeen te plaas.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET