• Verhit die botter in 'n kastrol oor matige hitte, voeg die kardemom-peule, kaneelstokkies en vermicelli by en braai tot goudbruin.
  • Voeg 500 ml (2 k) water, die sultanas, amandelvlokkies en suiker by en laat 15-20 min. oor matige hitte kook.
  • Sprinkel die pistasie-neute oor en sit warm voor, net so of saam met vanieljeroomys. 
Wenk
Maak 'n sjokolade-weergawe: Sprinkel gekapte sjokolade oor die poeding en plaas dit kortliks in 'n verhitte oond tot die sjokolade net gesmelt is.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.