• Klits die eiergele en strooisuiker saam tot lig en donsig.
  • Meng die donker­sjokolade, koffie­korrels en warm water in ’n kastrolletjie en verhit 2-3 min. oor lae hitte of tot die sjokolade gesmelt het en die sous glad is. Laat die sous minstens 5 min. afkoel.
  • Meng die sjokoladesous deur die eiermengsel.
  • Klits die room tot sagte punte vorm en vou dit by die sjokoladesous in met ’n metaallepel.
  • Gebruik ’n skoon klitser en klits die ­eierwitte in ’n skoon, droë bak tot stywepuntstadium. Vou die eierwitte by die sjokolademengsel in.
  • Skep die mousse in ’n lugdigte houer, bedek en plaas dit vir minstens 3 uur in die vrieskas om te vries. 
  • Skep porsies van die gevriesde ­mousse in bakkies, strooi die Flake-­sjokolade oor of plaas ’n wafel­beskuitjie in elk en sit voor.