2 min.
6-8
12-15 min.
Bestanddele
- 500 ml (2 k) suiker
- 200 g gemengde neute, grofgekap
Metode

- Smelt die suiker in ’n kleefvrye pan oor matige hitte. Moet 12-15 min. glad nie roer nie tot die suiker ’n ligbruin karamelkleur word.
- Plaas ’n silikoonmat op ’n bakplaat en sprei die neute egalig daaroor uit. Giet die suiker oor die neute sodat alles bedek is. Laat dit hard word en breek in stukke op.
Wenke
Maak die grondboontjiebroslekkers fyn en strooi oor roomys of sit dit voor saam met enige soort nagereg.
- Dié lekkers kan selfs in ’n slaai gebruik word vir ekstra tekstuur.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET