Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n vierkan­tige koekpan van 20 cm met kossproei en voer dit met bakpapier uit.

  • Beslag: Smelt die botter. Plaas die sjokolade in ’n groot bak, giet die warm botter oor en roer tot die sjokolade gesmelt het.
  • Klits die suiker in en laat ’n paar minute afkoel. Klits die eiers by en meng goed deur.
  • Sif die meel in en vou die mengsel tot glad.
  • Giet die beslag in die bereide koekpan en maak die bokant glad en gelyk. Voeg teelepels van die grondboontjiebotter in die beslag en bak 25-30 min. of tot die bokant begin kraak.
  • Skakel die oond af, maar los die brownies nog 10 min. in die oond voor jy dit uithaal om heeltemal in die pan af te koel.
  • Bolaag: Smelt die sjokolade in die mikrogolf terwyl jy elke 30 sek. roer. Giet dit oor die brownies en strooi die Crunchie-sjokolade oor. Laat hard word en sny in vierkante.

WENK

Voeg 250 ml (1 k) Rice Krispies by die bolaag vir ’n ekstra krakerige tekstuur.