Voer ’n bakplaat met foelie uit en bespuit goed met kossproei. 

  • Meng die jogurt, heuning en kaneel. Giet die mengsel op die bereide plaat en sprei uit in ’n dun laag met ’n dikte van sowat 2 mm.
  • Smelt die grondboontjiebotter sowat 30 sek. in die mikrogolf. Giet dit oor die jogurtmengsel en roer met ’n tandestokkie of bottermes deur. Strooi die pretzels bo-oor, bedek met kleefplastiek en plaas in die vrieskas. 

WENK

Die jogurtlekkergoed smelt maklik. Kap dit eerder in stukke, vries dit weer en sit dit dan dadelik voor.