15-20 min.
10 reusemuffins
15-20 min.
Bestanddele
- 250 ml (1 k) melk
- 3 rooibosteesakkies, chai-geur
- 125 ml (½ k) suiker
- 180 g botter
- 250 ml (1 k) heuning
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 1,25 ml (¼ t) sout
- 3 eiers
- VIR VOORSIT
- 250 ml (1 k) room
- 30 ml (2 e) heuning
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit 2 reuse-muffinpanne met kossproei.
- Verhit die melk in ’n klein kastrol, verwyder van die stoof sodra dit begin kook en voeg die teesakkies by. Laat trek tot benodig.
- Verhit die suiker en botter in ’n ander kastrol tot die suiker opgelos en die botter gesmelt het. Voeg die heuning by en meng deur.
- Haal die teesakkies uit die melk en voeg die koeksoda by sodat dit in die melk oplos.
- Sif die meel en sout saam en voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel.
- Voeg die eiers een-een by en klits ná elke byvoeging. Giet die beslag in die bereide muffinpanne tot ’n driekwart vol en bak 15-20 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
- Vir voorsit: Klits die room en heuning saam tot stywe punte vorm en sit voor saam met die warm poeding.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET