Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 'n middelslagbroodpannetjie baie goed met kossproei. 

  • Koek: Sif die droë bestanddele saam.
  • Klits die eiers en suiker of versoeter in 'n groot bak saam tot lig. Klits die botter en jogurt in.
  • Sif die droë bestanddele oor die jogurtmengsel en vou in tot glad.
  • Skep in die bereide pan en bak 45 min. of tot 'n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat effens afkoel in die pan en keer dan uit op 'n draadrakkie. Draai om met die bokant weer na bo en plaas op 'n bakplaat.
  • Bolaag: Meng al die bestanddele, voeg net genoeg klapper by om 'n smeerbare, stywe mengsel te maak en skep rofweg oor die koek.
  • Verhit die roosterelement van die oond en rooster tot die bolaag effens begin verbruin. Laat heeltemal afkoel. 
  • Rond die koek af met bolle ekstra jogurt, klapper en ’n paar blommetjies.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.