Bespuit ’n 23 cm- ronde losboomtert- of koekpan goed met kossproei.

Kors

  • Plaas die beskuitjies en hawermout in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
  • Voeg die botter en sout by en pols tot goed gemeng.
  • Keer die mengsel in die bereide pan uit en druk eweredig op die bodem vas – die kors moet lekker stewig vas wees.
  • Verkoel tot nodig.

Rooibosappels

  • Verhit die botter in ’n pan en giet die heuning by. Pak die appels in die pan, strooi die rooibosteestokkies oor en voeg die suurlemoensap by.
  • Laat 2 min. oor lae hitte stowe. Draai om en laat nog 2-3 min. stowe.
  • Voeg water by as die mengsel te stroperig word.
  • Skep die appels uit en laat afkoel.

Jogurtlaag

  • Klits die maaskaas, jogurt en suurlemoenskil goed saam. Versoet met die strooisuiker na smaak.
  • Verhit die gesponste gelatien 15 sek. in die mikrogolf of tot net ­gesmelt.
  • Giet dit by die jogurtmengsel en klits goed.
  • Skep die mengsel in die bereide kors en pak die appelskywe bo-op. Verkoel 4 uur of oornag in die yskas.
  • Sny in porsies en sit voor saam met vars ment en suur­lemoenwiggies.