Verhit die oond tot 160 °C. Bespuit ’n ronde losboomtertpan.

  • Kors: Meng al die bestanddele en druk vas op die bodem en teen die kante van die tertpan. Verkoel.
  • Vulsel: Meng al die bestanddele met ’n draadklitser tot goed gemeng. Skep in die bereide tertkors en bak sowat 40 min. of tot die vulsel net gestol het. Laat dit afkoel en verkoel dan in die yskas.
  • Bolaag: Verhit die bessies, xilitol en die helfte van die tee saam tot die bessies net-net ontdooi het (indien gevries), maar nie stukkend gekook het nie.
  • Spons die gelatien in die orige tee. Verhit tot net gesmelt; moe-nie kook nie. Meng die bessiemengsel hierby in en giet oor die afgekoelde kaastert. Verkoel tot die bolaag gestol het. Rond af met ekstra vrugte bo-oor gesprinkel.