Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondpan met botter of bespuit goed met kleefvrye kossproei.

  • Deeg: Verhit die melk tot louwarm en meng die suiker by. Strooi die gis oor en meng deur. Laat die mengsel 15 min. staan of tot ’n skuimlaag bo-op die melkmengsel vorm. Roer die botter deur en klits die eiers by.
  • Sit die meel en sout in ’n groot mengbak en meng liggies. Maak ’n holte in die middel en giet die melkmengsel by. Roer met ’n vurk tot die deeg begin saamkleef.
  • Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie tot glad, elasties en nie meer klewerig nie. Sit die deeg in ’n skoon bak, bedek en laat 1 uur op ’n warm plek rys of tot dubbel in grootte.
  • Rol die deeg rofweg in ’n reghoek uit (ongeveer 1 cm in dikte).
  • Sprinkel: Verf die botter oor die deeg. Meng die suiker en kaneel en strooi oor die botter. Sprinkel die donkersjokolade of sjokolade­splinters oor en rol op soos ’n rolkoek. Sny in 5 cm-ringe. Pak die deegringe in die bereide oondbak, bedek en laat rys nog 30 min. Bak die rolletjies 35-40 min. in die verhitte oond of tot goudbruin en gaar – die rolletjies is gaar wanneer dit ’n hol geluid maak wanneer jy daarop klop.
  • Versiersel: Klits alles goed saam en drup oor die rolletjies. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.