• Meng die beskuitjies met die gesmelte botter en sprinkel op die bodem van ’n tertpan.
  • Vulsel: Meng die karamelkondensmelk met ’n bietjie melk tot glad. Smeer oor die kors.
  • Rangskik die piesangs bo-op en skep bolle roomys oor. Vries tot benodig en sny dan in skywe. 

Wenk:

  • Gebruik gemmerbeskuitjies pleks van die Tennisbeskuitjies.
  • Bevrore bessies, soos frambose, lyk soos pêrels en rond enige poeding mooi af. Selfs as ’n mens net by roomys en sjokolades­ous vir poeding gaan uitkom, sal dit’n spesiale effek gee.
  • Jy kan ook die poeding in lae in glasies skep.