• Plaatkoekies: Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n mengbak. Voeg die suiker by en meng liggies deur. Klits die karringmelk of amasi, eiers en vanieljegeursel saam in ’n beker en giet dit by die meelmengsel. Klits tot goed gemeng en sonder klonte. Laat die beslag minstens 30 min. staan.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan, skep lepels vol van die mengsel in die pan en braai tot goudbruin aan albei kante en gaar. Herhaal tot al die beslag afgebak is.
  • Dalgonakoffiemousse: Plaas die koffie, suiker en kookwater in ’n diep mengbak. Klits die koffiemengsel met ’n elektriese handklitser tot die mengsel dik en romerig is (soos sjokolademousse).
  • Vir voorsit: Stapel die plaatkoekies bo-op mekaar en rond af met van die koffiemousse en stroop of heuning, indien verkies.