Smeer ’n oondbak en voorverhit die oond tot 160 °C. 

  • Klits die eierwitte tot sagte punte vorm.
  • Klits die botter en strooisuiker saam.
  • Voeg die eiergele, karringmelk en vanieljegeursel by die bottermengsel en klits.
  • Sif die meel en sout by en vou dit met ’n lepel in.
  • Roer die room by en vou laastens die eierwitte in.
  • Giet die mengsel in die gesmeerde bak. Strooi die kaneel bo-oor.
  • Kry nou ’n waterbad gereed om die poeding in te bak. Tap ’n oondbak kwartvol water. Plaas die poedingbak in die water in die oondbak en bak 60 min. tot gaar. (Toets met ’n toetspen.) Sit voor saam met vla.