Kook soos ’n sjokolademeester met ons maklike aanwysings vir hierdie smullekker resepte.
Ken jou sjokolade
- “Goeie sjokolade” in ’n resep beteken die sjokolade moet uit meer as 35% kakaobotter bestaan.
- Bitter/onversoete baksjokolade bestaan uit sowat 50% kakaobotter en werk die beste in gebak.
- Bitter/halfsoet donkersjokolade het genoeg suiker in dat jy dit net so kan geniet.
- Soet melk-/gegeurde sjokolade word nie vir sjokoladewerk soos sjokoladekrulle of -rande aanbeveel nie.
- Witsjokolade het kakaobotter in, maar nie kakaopoeier nie; vandaar die kleur. Dit skroei en brand makliker as donker- of melksjokolade.
Smelt dit so
- Breek altyd sjokolade in kleiner stukke voor jy dit smelt. Sjokolade moet oor lae hitte in ’n dubbelkoker of in die mikrogolf (op 30%) verhit word, want dit skroei en brand maklik.
- Maak seker die bak is droog.
- Moet nooit smeltende sjokolade bedek nie, want net een druppel water sal dit in ’n soliede, krummelrige vorm laat set en dit sal nie weer kan smelt nie.
- Sorg dat vloeistof wat jy moet byvoeg dieselfde temperatuur as die sjokolade is, anders sal dit klonte vorm of skei.
Temper dit so
- Dié proses maak sjokolade smeerbaarder en blinker.
- Smelt eers die sjokolade en giet dan twee derdes daarvan op ’n marmerblad uit; smeer en skraap die sjokolade sowat 3 min. heen en weer tot dit amper set.
- Skraap dit terug in die bak en smelt dit weer tot glad en reg vir gebruik.
1. WITSJOKOLADE-FRAMBOOSTERT
2. SJOKOLADEMOUSSEKOEK
3. SJOKOLADEROLLADE
4. SJOKOLADEKOPPIES MET MOUSSEVULSEL
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET