Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot bakplaat en voer dit uit met bakpapier.

  • Deeg: Sif die droë bestanddele saam, voeg die res van die bestanddele by en meng tot ’n deeg vorm. Rol die deeg uit tot ’n dikte van 5 mm.
  • Vulsel: Meng al die bestanddele en strooi oor die deeg.
  • Begin aan die een kant en rol die deeg styf op. Sny die kante van die rolletjie netjies met ’n skerp mes en sny dan die rol in rolletjies met ’n breedte van 3 cm. Pak die rolletjies met die snykant na bo in ’n groot sirkel van 13-14 rolletjies. Pak die oorblywende rolletjies aan die binnekant styf teen die groter sirkel.
  • Bak die rolletjies 15-20 min. of tot liggies verbruin. Haal uit die oond en laat op ’n afkoelrak heeltemal afkoel.
  • Glaseersel: Meng die versiersuiker, roomkaas en suurlemoensap tot ’n dik mengsel vorm wat steeds gegiet kan word en giet oor die rolletjies. Bestrooi met kersies en ment.