Verhit die oond tot 180 °C.

  • Brosbrood: Plaas al die bestanddele buiten die vars kruietakkies in die voedselverwerker. ­Verwerk tot die botter goed met die meel gemeng is en ’n bol deeg om die lem vorm.
  • Haal uit die voedsel­verwerker en vorm die deeg in ’n bal. Draai die deeg in kleefplastiek toe en verkoel 30 min. 
  • Pak kruietakkies op ’n plat oppervlak, druk die deeg daarop vas, plaas ’n vel kleefplastiek bo-op en rol die deeg uit tot so 3 mm dik. Druk koekies uit, pak op die bakplaat en bak sowat 8-12 min. by 180 °C tot gaar.
  • Konserf: Plaas al die bestanddele in ’n kastrol en kook 20 min. of tot die meeste van die vloeistof weggekook is.
  • Afronding: Roer die ­heuning en balsemieke asyn by die konserf en laat afkoel. Roer die ­neute deur.
  • Vir voorsit: Plaas die brie net voor opdiening 30 sek. in die mikrogolfoond tot effens loperig. Pak dit op ’n bord, skep van die konserf bo-oor en sit voor saam met die kruiebrosbrood.

’n Lekker happie vir ná ete saam met kaas, ’n glasie rosé, port of koffie.