30 min.
1 groot koek
Bak: 35-40 min. Afkoel: 15 min.
Bestanddele
- KOEK
- 240 g (2 k) koekmeel
- 190 ml (¾ k) kakaopoeier
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 6 ml (1 opgehoopte t) koeksoda
- 5 ml (1 t) sout
- 15 ml (1 e) kitskoffie
- 400 g (2 k) suiker
- 250 ml (1 k) inkomazi of karringmelk
- 125 ml (½ k) groenteolie
- 2 ekstra groot eiers
- 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
- 250 ml (1 k) kookwater
- SJOKOLADEGANACHE- VERSIERSEL
- 65 g (¼ k) botter, gesmelt
- 250 ml (1 k) room
- 200 g (sowat 2 k) donker- sjokolade, gekap (of sjokoladestukkies)
- 2,5 ml (½ t) vanielje-ekstrak
- 30 ml (2 e) gebroude koffie
- ekstra donkersjokolade vir versiering (skaafsels of gerasper)
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n Bundt-panvan 20 cm goed.
- Koek: Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda, sout en koffie saam in ’n groot bak en voeg dan die suiker by.
- Klits die inkomazi of karringmelk, olie, eiers en vanielje saam. Voeg by die meelmengsel en meng tot goed gekombineer.
- Voeg die kookwater versigtig by die koekbeslag. Klits deeglik tot glad.
- Skep die beslag in die voorbereide koekpan. Bak 35-40 min. of tot ’n sosatiestokkie skoon uitkom.
- Haal dit uit die oond en laat dit ongeveer 10 min. afkoel; haal dit dan uit die pan en laat dit heeltemal afkoel.
- Sjokolade-ganache-versiersel: Meng die botter en die room in ’n middelslagkastrol. Laat kook; roer gereeld. Verwyder van die hitte.
- Plaas die sjokoladestukke in ’n glasbak, giet die roommengsel oor die sjokolade en roer die vanielje-ekstrak en gebroude koffie daarby in. Laat staan ongeveer 3-5 min. om die sjokolade of sjokoladestukkies heeltemal sag te maak. Roer tot glad.
- Bedek die koek met die sjo- kolade-ganache-versiersel en versier dit met sjokoladeskaafsels of gerasperde sjokolade.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET