Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 2 koekpanne, 20 cm in deursnee, met kossproei.

  • Koek: Klits die kakao, jogurt en eiers tot glad.
  • Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
  • Klits die botter en strooisuiker tot lig en romerig. Vou die meelmengsel liggies in, voeg die kruie by en meng deur. Roer die jogurtmengsel en vanieljegeursel in.
  • Skep in die twee voorbereide panne en bak sowat 30-40 min. of tot ’n toetspen skoon uit die mengsel kom. Laat effe afkoel en keer uit op ’n draadrakkie.
  • Versiersel: Smelt die sjokolade en room in ’n glasbak in die mikro­golf­oond of oor ’n kas­trol met kookwater – maak seker die bodem van die bak raak nie aan die water nie – tot gesmelt. Meng die neute by.
  • Afronding: Plak die koeklae op mekaar met die karamelkondens- melk. Skep die versiersel oor die boonste koek­laag en laat staan tot stewig. Rond af met kruietakkies.