Voer ’n 35 x 13 cm-broodpan uit met bakpapier.

  • Basis: Plaas die beskuit­jies in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Voeg die klapperolie by en pols tot goed gemeng. Druk die krummels vas op die bodem van die pan.
  • Middel: Meng al die bestanddele goed en druk bo-op die basis.
  • Bolaag: Plaas die sjokolade in ’n glasmikrogolfbak of -maatbeker en mikrogolf 30 sek. Roer goed en mikrogolf nog 30 sek. Roer weer. As die sjokolade steeds nie gesmelt is nie, mikrogolf dit nog 30 sek. en roer tot gesmelt.
  • Giet die sjokolade oor die klapper en maak glad bo-op. Plaas die broodpan in die yskas en laat stol 2-3 uur.
  • Keer die mengsel versigtig uit en sny in stafies of blokkies. Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.