• Voorverhit die oond tot 170 °C en voer 2 bakplate met bakpapier uit.1 Vulsel Meng die bestanddele, bedek en plaas in die yskas tot nodig.
  • Koekies: Klits die suikers, botter en grondboontjiebotter saam tot lig en donsig. Voeg die eier en vanieljegeursel in en klits tot goed gemeng. 
  • Sif die droë bestanddele in en meng tot dit ’n dik deeg vorm. Verdeel die deeg in 30 g-stukke en rol elke stuk in ’n bal.
  • Haal die vulsel uit die yskas en verdeel dit in dieselfde hoeveelheid as die koekiedeeg. Plaas ’n porsie deeg in die palm van jou hand en druk dit plat. Sit ’n porsie vulsel in die middel en vou dit met die koekiedeeg toe. Rol in ’n bal en pak dit op die bereide bakplate.
  • Spasieer die balle uit­mekaar, druk dit effens met jou hand plat en bak 8-10 min. tot geset en effens gekraak om die kante. Laat die koekies ’n paar minute op die bakplaat afkoel en pak dit op ’n afkoelrak om heeltemal af te koel. 

WENK

Dié koekies kan tot en met stap 4 berei word en die balletjies kan dan tot drie maande gevries word. Wanneer jy dit wil bak, ontvries dit op die bereide bakplaat en gaan aan met stap 5.