• Deeg: Meng die meel, sout, speserye, nartjie- of lemoenskil, gis en suiker in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel.
  • Klits die eier, botter en melk saam en giet in die holte van die meelmengsel. Meng die mengsel met ’n vurk tot dit begin saamkleef. Voeg die water bietjies-bietjies by en knie tot ’n sagte deeg vorm.
  • Knie die deeg nog 5 min. of tot dit nie meer klewerig is nie. Plaas die deeg in ’n skoon bak, bedek met ’n teedoek en laat 1 uur op ’n warm plek rys of tot dubbel in grootte.
  • Vulsel: Meng die vla-poeier met 60 ml (¼ k) van die melk. Verhit die res van die melk en die suiker tot net onder kookpunt, voeg die vlamengsel by en roer aanhoudend tot die vla dik is. Roer die sout by, bedek met kleefplastiek en laat heeltemal in die yskas afkoel.
  • Klop die room styf en vou by die vla in. Skep die vulsel in ’n spuitsak.
  • Afronding: Knyp die koesisterdeeg in gholfbalgrootte-balletjies af. Verhit genoeg olie in ’n kastrol vir diepbraai en braai die koesisters in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.
  • Meng die suiker en klapper en rol die warm koesisters daarin. Laat heeltemal afkoel.
  • Maak ’n gaatjie onderin elke koesister en spuit van die vlamengsel daarin.
Wenk
Geur die vla-vulsel soos jy verkies. Jy kan gerasperde sitrusskil, gekapte neute of selfs speserye byvoeg.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!