• Sny die koek in dun skywe en pak op die bodem en teen die kante van ’n 24 cm-­silikoonkoekvorm. Sprinkel ’n derde van die sjerrie oor die koek.
  • Sny die reënboogroomys in vertikale skywe van sowat 2 cm sodat al drie kleure in ’n skyf is. Lê die skywe roomys op die koeklaag neer.
  • Strooi die gedreineerde vrugte oor en dan die helfte van die jelliepoeier.
  • Meng die vanieljeroomys en vla en giet die helfte oor die jelliepoeier. Herhaal die stappe, maar laat die vrugtelaag uit. Bedek met kleefplastiek en vries 6 uur of oornag.
  • Klits die room tot stywe punte vorm en skep in ’n spuitsak met ’n sterspuitstuk. Haal die koekstruif uit die vrieskas, verwyder die plastiek en keer dit op ’n koekstaander uit. Spuit die room bo-op en rond af met die kersies. Sit voor.