Hou ’n groot glas- of koekstruifbak byderhand.

  • Meng die karamel en vars ment tot glad.
  • Pak ’n laag koekblokkies in die bak se bodem. Bedruip met die brandewyn of likeur, indien gebruik.
  • Smeer die helfte van die karamelmengsel oor die koekblokkies.
  • Sny die jellie in kleiner stukkies. Versprei die helfte daarvan oor die karamel.
  • Giet die helfte van die vla oor die jellie en sprinkel die helfte van die fyn beskuitjies oor. Herhaal die lae en eindig met ’n laag beskuitjies.
  • Afronding: Skep die room bo-op die koekstruif en rond af met die balletjies en ment.