Voorverhit die oond tot 100 °C. Bespuit 2 bakplate, voer dit uit met bakpapier, bespuit weer en sif ’n bietjie mielieblom oor.

  • Plaas die eier­witte, suiker en kremetart in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater en laat 3 min. prut tot dit warm en die suiker opgelos is.
  • Verwyder van die hitte en klits tot lig en blink, sowat 10 min. Sif die mielieblom bo-oor en vou dit saam met die laventelblommetjies in. 
  • Skep lepels vol van die mengsel op die bakplate. Sprinkel die pistachioneute oor. Bak 2 uur en laat oornag in die oond afkoel.
  • Pak op ’n opdienbord en sif die versiersuiker oor net voor jy dit voorsit.