Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n vierkantige koekpan, 20 cm in deur­snee, met kossproei.

  • Sif die droë bestanddele saam. Voeg die dadels en suiker by en roer die wortels deur.
  • Klits die olie en lemoensap saam en meng deur.
  • Voeg die sultanas, rosyne of korente by saam met die klapper en okkerneute en meng deur.
  • Skep in die voorbereide pan, maak gelyk en bak 45 minute of tot ’n toets­pen skoon uitkom.
  • Keer uit op ’n draadrakkie en laat goed afkoel.
  • Versiersel Plaas die kasjoeneute in ’n voedselverwerker en kap fyn. Voeg die versiersuiker en suurlemoenskil en -sap by en verwerk tot glad en dik. Voeg ’n bietjie water by indien nodig.
  • Smeer oor die koek, sny in blokkies, sprinkel suurlemoenskil oor en stuif met versiersuiker.

WENKE

Alternatiewe veganistiese bestanddele: 

  • Kap geweekte kasjoeneute fyn en gebruik dit pleks van maaskaas vir versiersel op die wortelkoek.
  • Aquafaba-water is die water waarin peulgroente soos keker­etjies ingemaak word word. Dit word gebruik pleks van eierwit soos in beslag en klits ook pragtig styf, wat dit ideaal maak om me­ringue mee te maak.