• Lemoenstroop: Plaas die bestanddele in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt terwyl jy roer om die suiker te laat smelt. Laat afkoel en hou eenkant.
  • Koek: Gebruik die spaanstuk van ’n elektriese menger en verroom die botter tot liggeel en donsig. Voeg die versiersuiker, vanielje­peul en lemoen­skil by en meng.
  • Voeg die eiergele een vir een by en meng deeglik ná elke byvoeging. Verwyder die bak van die menger en hou eenkant.
  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Klits die eierwitte en suiker sowat 15 min. met ’n klitsstuk in ’n ander bak tot sagte punte vorm.
  • Vou ’n derde van die meringuemengsel by die bottermengsel in (om dit te temper) tot goed gemeng.
  • Vou die getemperde botter­mengsel sagkens by die res van die me­ringue in. Draai die bak terwyl jy vou en skraap die kante.
  • Vou die gesifte meel by tot goed gemeng.
  • Skep die beslag in ’n spuitsak en gebruik dit om 10 klein silikoon- (of gesmeerde metaal-) Bundtvorms ¾ vol beslag te maak.
  • Bak die koeke 15 min. Haal uit die oond en keer op ’n draadrak uit.
  • Vul elke vorm met 20 ml lemoenstroop en sit die warm koeke terug in die vorms. Laat dit afkoel en die stroop absorbeer.
  • Suurlemoenglaseersel: Meng die suurlemoensap en versiersuiker en klits tot glad.
  • Wanneer die koeke afgekoel het en al die stroop geabsorbeer is, keer die vorms weer op ’n draadrak uit en giet die suurlemoenglaseersel oor. (Dit sal teen die kante afloop en ’n pragtige patroon vorm.) Voeg ’n skeut room en ’n paar lemoenskilrepies by en sit voor. 

"Markus Fäbinger se ma het vir elke kind op hul verjaardag ’n gugelhupf gebak – ’n tradisionele Oostenrykse vanielje-en-sjokoladekoek. Hier is my weergawe," vertel Liezie Mulder.