Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer en voer 10 mini-broodpanne uit. 

  • Koek: Meng die koekmengsel volgens die aanwysings op die verpakking. Voeg die fyn piesangs en kaneel by en meng deur.
  • Skep die beslag in die voorbereide panne en bak 25-28 min. tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat 10 min. in die pannetjies afkoel, keer uit en laat op ’n draadrak afkoel.
  • Roomys: Klits die suiker en eiers in ’n mengbak tot lig en donsig. Sif die mielieblom in, klits goed en plaas eenkant.
  • Laat die melk oor matige hitte prut en klits stadig by die eiermengsel in. Giet die mengsel terug in die kastrol, voeg die sout by en kook oor lae hitte tot verdik terwyl jy aanhoudend roer.
  • Wanneer die vlamengsel afgekoel het, voeg die piesangs, vanielje en neute by. Klits die room tot stywe punte vorm en vou by die mengsel in.
  • Skep die mengsel in ’n plastiekbak, sit die deksel op en plaas in die vrieskas.
  • Vries 6 uur tot ferm.
  • Haal die roomys uit die vrieskas sowat 15 min. voor jy dit saam met die brode wil voorsit.