• Plaas die botter in 'n kastrol oor matige hitte.Terwyl dit smelt, voeg die kondensmelk by, asook die maltabella, strooi­suiker en vanieljegeursel. 
  • Bring die mengsel tot kookpunt terwyl jy deurentyd roer, en stel dan die hitte laer. Hou aan roer en kook 8-10 min. 
  • Skep 'n lepel fudge uit en plaas dit in koue water. Dit behoort 'n sagte bal te vorm. Sodra die mengsel die sagtebalstadium bereik het, haal dit van die hitte af en sit die bodem van die kas­trol in 'n houer koue water. 
  • Hou aan roer met 'n houtlepel tot die mengsel styf en romerig raak. Wanneer dit moeilik raak om te roer, is dit gereed. 
  • Skep die fudge op 'n stuk bakpapier. Plaas 'n tweede vel papier direk op die fudge. Rol met 'n koekroller tot so 5 mm dik. Laat afkoel en sny in skywe. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.