15 min.
6-8 koppies
30 min.
Bestanddele
- 80 g botter
- 400 ml suiker
- 2 ekstra groot eiers
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 500 ml (2 k) melk
- sap van 2 mandaryne
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 45 ml (3 e) marmelade
- SOUS
- 150 g botter
- 300 ml room
- 80 ml (¹/3 k) suiker
- skil van 2 mandaryne
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C . Bespuit 6-8 emaljebekers met kossproei.
- Verroom die botter en suiker sowat 5 min. in ’n mengbak. Voeg die eiers by en klits goed.
- Sif die meel, koeksoda en bakpoeier saam in ’n aparte bak en hou eenkant tot benodig.
- Meng die melk, sap, geursel en marmelade. Voeg die melk- en meelmengsel om die beurt by die bottermengsel. Meng goed.
- Keer die beslag in die bekers uit en maak dit net meer as ’n driekwart vol. Bak 25-30 min. of tot gaar.
- Sous: Meng die sousbestanddele en verhit tot kookpunt in ’n klein kastrol. Verlaag die hitte en laat die sous 3 min. prut. Giet die warm sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Sit voor saam met roomys of vla.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET