• Maak die jellie volgens die aanwysings op die pakkie. Sit vir minstens vier uur in die yskas om te stol.
  • \Maak die vla volgens die aanwysings op die verpakking sodat dit geskink kan word. Laat heeltemal afkoel.
  • Sny die konfytrol of sponskoek in dun snye.
  • Maak die koekstruif in ’n groot, diep glasbak deur ’n laag koek op die basis van die bak te pak. Pak dan ’n laag mangoskywe; breek die jellie met ’n vurk en skep dit bo-oor die vrugte, en skink die koue vla bo-oor.
  • Klits die room tot styf maar slap. Versprei die room oor die koekstruif as die finale laag en ­bedruip met grenadellamoes, indien jy dit verkies.

WENK: Gebruik slegs sagte vrugte soos aarbeie, koejawels of kiwi’s. Jy kan ook geblikte perskes, vrugteslaai of enige vrug van jou keuse gebruik.