Voorverhit die oond tot 120 °C en kry ’n diep oondbak gereed met 10 ramekins daarin gepak.

  • Plaas die room en melk in ’n pot en bring tot ’n sagte prut oor ’n lae ­hitte. Sodra dit begin borrel, voeg die witsjokolade by en verwyder van die hitte, roer tot die sjokolade gesmelt het.
  • Klits intussen die eiergele, kaneel en strooisuiker saam tot die suiker heeltemal opgelos is.
  • Hou aan klits en voeg 250 ml (1 k) warm room stadig by die eiermengsel.
  • Giet die eiermengsel by die orige warm room.
  • Giet die mengsel in die ramekins tot so 1 cm van bo af. Vul die oondbak tot half met warm water om ’n bain-marie te vorm.
  • Maak die hele oondbak toe met tinfoelie of kleefplastiek en bak tot die crème brûlées gestol het en nie meer loperig is nie.
  • Laat afkoel, sprinkel strooisuiker oor en skroei met ’n blaasvlam tot gekarameliseer.
  • Sit dadelik voor.