• Meng die kondensmelk, ingedampte melk, melk en kaneel goed. (Die kaneel sal nie oplos nie en sal eers tydens die vriesproses deeglik by die roomys ingemeng word.)
  • Giet die mengsel in ’n plat bak en vries 1-2 uur of tot yskristalle in die roomys begin vorm. Krap die roomys met ’n vurk deurmekaar en vries nog ’n uur. Krap weer met ’n vurk en vries tot hard.
  • Vir voorsit: Haal die roomys 30 min. voor jy dit wil voorsit uit die vrieskas. Skep bolle van die roomys in bakkies en rond af met ekstra kaneel.