Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm- vierkantige koekpan.

  • Koek Klits die eiergele en die helfte van die strooisuiker tot lig en dik. Voeg die vanieljegeursel by. Roer die melk en botter by en sif die bruismeel en bakpoeier oor. Vou in tot net gemeng.
  • Verdeel die beslag tussen die twee panne; maak gelyk.
  • Klits die eierwitte tot skuimerig, voeg die res van die strooisuiker lepelgewys by en klits tot dik en blink. Voeg die rooswater en neute by en vou in.
  • Verdeel tussen die twee panne en skep bolle meringue bo-op. Bak 20 min. of tot die koeklaag gaar is. Laat afkoel.
  • Vulsel: Meng die jogurt en maaskaas en geur na smaak met die suiker. Smeer die helfte oor die een koeklaag, stapel die vrugte op en plaas die ander koeklaag bo-op. Skep die res van die roomkaasmengsel bo-op en rangskik die orige vrugte bo-op. Versier met die blommetjies.