Voorverhit die oond tot 100 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en strooi liggies met mielieblom.

  • Skuimpies: Sit die eierwitte in ’n groot, skoon mengbak en klits met ’n elektriese klitser tot sagte punte vorm. Voeg die kremetart en sout by en klits tot gemeng.
  • Klits aanhoudend en voeg die suiker lepel vir lepel by. Klits tot die suiker opgelos en die meringue blink en glad is.
  • Voeg die rooswater of -stroop, kleursel en pistasieneute by en klits tot net gemeng. Skep die mengsel in ’n spuitsak.
  • Spuit die skuimpies op die bereide bakplaat en bak 1 uur.
  • Sit die oond af en laat staan die skuimpies nog 2 uur in die oond.
  • Vir voorsit: Haal die bakplaat uit en skep die skuimpies in ’n lugdigte houer of sit voor en versier met roosblare en nog pistasieneute.