Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 8-10 holtes van ’n groot muffinpan of ramekins goed met kossproei of smeer met botter.

  • Koekies: Plaas die botter en suiker in ’n groot mengbak en klits met ’n elektriese menger tot lig en romerig.
  • Klits die eiers een-een by. Voeg die suurlemoen- en lemoenskil, koekmeel, mieliemeel of polenta, bakpoeier en sout by. Klits tot net gemeng.
  • Pak ’n skyfie lemoen in die bodem van elke muffinholte of ramekin en maak twee derdes vol met die koekbeslag.
  • Plaas die koekies in die oond en bak 15 min. Verlaag die temperatuur tot 160 °C en bak nog 10-15 min. of tot ’n toets­pennetjie skoon uit die middel van die koekies kom.
  • Laat die koekies 5 min. afkoel en keer op ’n bord uit.
  • Stroop: Plaas intussen die stroopbestanddele saam in ’n kastrolletjie en verhit oor lae hitte. Roer aanhoudend tot die suiker opgelos is en laat prut 5 min.
  • Vir voorsit: Giet die warm stroop oor die koekies sodra dit uit die oond kom. Sit voor saam met die geklopte room, roomys of selfs dikroomjogurt indien verkies.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.