Bespuit 2 koffiebekers goed met kossproei.

  • Meng die meel, kakao, suiker en sout in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel van die mengsel.
  • Klits die res van die bestanddele goed saam en giet in die holte. Klits tot net gemeng en verdeel die beslag tussen die bereide bekers – maak die bekers net ¾ vol.
  • Mikrogolf die poedings een-een 2 min. elk.
  • Vir voorsit: Sit die poedings voor saam met die roomys en granaatpitte, indien gebruik.

Wenk

Jy kan dit saam met dubbelroomjogurt of bevrore jogurt pleks van roomys voorsit.